0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Silwerspoor Van Die Maan (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Silwerspoor Van Die Maan (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Zara is vasbeslote om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie, maar een van avontuur. Sy leer vir Fernando ken en raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit.

Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara met silwer munte om na die baba om te sien terwyl hy na die ma gaan soek. Hy weier egter om te s waar die munte vandaan kom. Sy begin vermoed dat hy die seerower is wat ’n trommel vol soortgelyke muntstukke van ’n handelskip in die hawe van Tafelbaai geplunder het.

Sy bewaar egter sy geheime, want die geld help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te vereffen. Op di manier sal haar pa se skandes ten minste ’n geheim bly. En sy hoef nie met Hendrick te trou as betaling van haar pa se skuld nie.

Elikser (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Elikser (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.

Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan.

Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling te om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Stryd vir Liefde (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Stryd vir Liefde (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) Pre-order

Lija is ’n meisie van Joods-Romeinse afkoms en die aangenome dogter van Pontius Pilatus. Sy bevind haar in ’n gerelde verlowing met Silva, ’n Romeinse tribuun. Eers dink sy hy is nes al die ander Romeinse mans, harteloos en ongenaakbaar.

Tot haar verbasing begin liefde egter in beide van hulle harte vir mekaar ontwaak ...

Silva en Lija het uiteenlopende gevoelens oor die man wat die Jode soveel hoop gee en die Romeine omkrap. Lija glo die man wat hulle die messias noem bring genesing en ’n nuwe begin. Sy skaar haar by die Selote om wapens uit ’n Romeinse arsenaal te steel om die skaal van gesag te laat kantel. Sy doen dit met die wete dat dit Silva se lewe ook in gevaar kan stel, maar haar oortuigings vuur haar aan. En Silva doen die onvergeetlike ... hy is deel van die groep soldate wat die Jode en Lilja se hoop – die messias – kruisig.

Albei is diep seergemaak en ontnugter deur die ander se optrede en die vertroue tussen hulle l aan skerwe. Is hulle liefde vir mekaar vir altyd verlore? Of sal Lija en Silva vanuit die as kan opstaan en vir hul liefde veg ...

Om Aan 'n Ster te Raak (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Om Aan 'n Ster te Raak (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Pre-order

N ’n ongeluk beland Shiloh en Azalay op onverklaarbare wyse saam in die Arabiese woestyn. Hulle kom ook agter hulle het duisende jare terug in tyd gereis, en bevind hulle in die jaar van Jesus se geboorte ...

Saam met die drie wyse manne volg hulle die Bethlehemster.

Azalay is ’n toegewyde Christen, Shiloh is opstandig en glo nie meer nie. Hul omstandighede dwing hulle nader aan mekaar, maar laat ook die vonke spat.

Kan die liefde so ’n vreemde reis oorleef?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Swiss Miele Vacuum Bags (4 x Bags | 2 x…
 (8)
R199 R166 Discovery Miles 1 660
Afritrail Cabo Beach Shelter
 (30)
R329 R219 Discovery Miles 2 190
Sharpie Fine Permanent Markers on Card…
R81 Discovery Miles 810
LocknLock Pet Food Container (180ml)
R47 Discovery Miles 470
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Tenet
John David Washington, Robert Pattinson, … DVD R53 Discovery Miles 530
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Prosperplast Wheaty Pot - White (128 x…
R35 Discovery Miles 350
Trojan Padlock (50mm) (Brass)
R79 R70 Discovery Miles 700
Bostik Easy Tear Tape - (12mm x 33m)
R24 R20 Discovery Miles 200

 

Partners